TLU SA nooi Suid-Afrikaners om virtueel saam te stap teen misdaad

Suid-Afrika se boere, hulle gesinne en werkers word al hoe meer en al hoe meer brutaal aangeval en vermoor.

Suid-Afrikaners besef nie altyd die groot impak wat hierdie aanvalle op landbou as ’n geheel en uiteindelik voedselproduksie, het nie. Met die staptog hoop TLU SA om genoeg aandag op die misdade te fokus sodat die regering gedwing word om meer as net leë woorde oor die erns van die situasie te spreek. Plaasaanvalle moet as prioriteitsmisdaad dieselfde aandag en aksie geniet as ander ernstige misdade.

TLU SA besef dat geen veldtog of protesoptog op sy eie misdaad kan stop nie, maar dit is belangrik om só bewusmaking oor die probleem te skep, hier en internasionaal. TLU SA weet dat dit in die hande van die gemeenskap lê om misdaad te bekamp aangesien daar by die regering die politieke wil ontbreek om die situasie te beheer.

Ons wil graag hê dat alle Suid-Afrikaners wat keelvol is vir misdaad, saam met ons aan hierdie protesoptog deelneem.

Statistiek

Sedert 1990 is 2182 plaasmoorde aangemeld en meer as 6000 plaasaanvalle.

*TLU SA werk streng volgens saaknommers om statistieke te bepaal.

Hoe?

Van 16-17 Junie hou TLU SA ’n virtuele staptog. Die plan is om binne 24 uur virtueel 6065km te stap. Elke kilometer verteenwoordig een van die plaasaanvalle wat sedert 1990 gesinne en werkers se lewens uitmekaar geruk het.

As jy die staptog ook wil ondersteun en wys dat die veiligheid van boere vir jou belangrik is, registreer en laat jou naam op die lys van ondersteuners verskyn. Jy sal binnekort ’n e-pos ontvang met nog inligting, maar, intussen kan jy solank op jou sosiale media platforms deel dat jy die projek ondersteun met die hutsmerke: #plaaslewens #plaasstap #tlusa

As jy egter meer betrokke wil wees en jou ondersteuning op ’n aktiewe manier wil wys, hier is nog ’n paar opsies om deel te wees van die veldtog:

As jy wel ter ondersteuning wil stap of hardloop – 6km of 6065 tree – neem foto’s en deel dit met ons op Facebook of Instagram met die veldtog se hutsmerke: #plaaslewens #plaasstap #tlusa

Registreer hier

Optog Registrasies 2022
Checkboxes
Kontakbesonderhede: (012) 804-8031 / tlu@tlu.co.za / www.tlu.co.za

***Met die invul van u besonderhede hierbo stem u daartoe in dat, TLU SA u telefonies mag kontak. TLU SA bewaar en beskerm alle persoonlike data soos in die betrokke wetgewing omskryf en sal slegs u data aanwend vir die spesifieke doel soos hierin uiteengesit. ImpactNOW 'n sake-vennoot en operateur van TLU SA mag moontlik met u telefonies in verbinding tree om aan u TLU SA se standpunt, oogmerke en doelwitte te beskryf en verduidelik, asook lidmaatskap opsies en voordele aan u beskikbaar te stel. Indien die die skakel klik om die vorm in te stuur onderneem u dat u vrywillig en sonder dwang tot die bogenoemde instem en dat die persoonlike data wat u ingevul het korrek en akkuraat is soos op die datum van u submissie. Dankie vir u ondersteuning met hierdie belangrike saak.